Tuis | Vloerplan | Galery | Koop Aandele

Die ou Karooplaas Winkelsentrum

Orania groei! Met die merkwaardige toename in die dorp se inwonertal en die groot hoeveelheid toeriste wat die Afrikanertuiste besoek, het die aanvraag vir meer goedere en dienste in Orania geweldig gestyg. Orania brei so vinnig uit dat daar tans 'n tekort aan beskikbare winkelspasie is om aan die behoeftes van die dorp se groeiende mark te voorsien. Gevolglik is die weg gebaan vir nuwe ontwikkelings wat spesifiek fokus op besigheidseiendom in Orania.

Die ou Karooplaas is 'n intieme Karoo-styl winkelsentrum wat in Orania se ontvangsgebied ontwikkel word. Met sy perfekte ligging langs die besige R369, vorm die sentrum ook deel van 'n groter inisiatief om die dorp se ontvangsgebied op te knap. Ons konsep is egter uniek in die sin dat gevestigde besighede betrokke is by die ontwikkeling van Die ou Karooplaas Winkelsentrum terwyl nuwe trekpleisters geskep word om die bestaande kliŽntebasis uit te brei.

Die sentrum gaan aanvanklik bestaan uit drie winkels, 'n galery teater en 'n gourmet deli met 'n handgemaakte kurio afdeling. Sodra die sentrum voltooi is, sal Orania die enigste dorp in die streek wees wat kan spog met 'n galery teater. Inwoners en besoekers van heinde en ver sal kan smul aan ons heerlike Karoo cuisine, 'n glasie wyn geniet in ons idilliese ligging en deel in Orania se beroemde gasvryheid.

Ons beoog om die sentrum voor Desember 2014 te open. Daar is nog 'n beperkte hoeveelheid aandele beskikbaar vir Afrikaners wat graag 'n passiewe inkomste in Orania wil genereer, 'n direkte bydrae wil lewer tot ekonomiese ontwikkeling van ons volkstaatgroeipunt en ernstig is oor die bevordering van Afrikanerwerkskepping... meer inligting


               

© Die ou Karooplaas (Edms.) Bpk. E-pos: kontak@oraniaokp.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Besoek gerus lief-orania.co.za en oraniatoere.co.za
Tuis | Winkels | Kambro | Die Pierneef | Orania | Vloerplan | Galery | Koop Aandele