Tuis | Winkels | Sterreland | Kontak

Sterreland en Prima Pizza

Ou Karooplaas spog met die streek se enigste filmteater. Die 32-sitplek privaat teater is toegerus met 'n puik klankstelsel en gemaklike houtmeubels wat netjies pas by die tema van die sentrum. Ons bied daaglikse vertonings en het ook 'n gewilde videowinkel-afdeling met honderde DVD's op ons rakke. Al die nuutste Afrikaanse films, Hollywood treffers en 'n groot verskeidenheid internasionale films is nou beskikbaar by Sterreland.

Prima Pizza is Sterreland se wegneemete-afdeling en bied smullekker pizzas, pastas en nageregte teen bekostigbare pryse. Dis egter ons spesiale pizza bakoonde en uitstekende gehalte bestanddele wat die verskil maak. Geniet 'n prima pizza wanneer jy 'n fliek kom kyk of 'n DVD uitneem. Vra ons personeel vir meer inligting i.v.m. ons daaglikse spesiale aanbiedinge.

Orania


© Die ou Karooplaas (Edms.) Bpk. E-pos: kontak@oraniaokp.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Besoek gerus lief-orania.co.za en oraniatoere.co.za
Tuis | Winkels | Sterreland | Kontak