Tuis | Winkels | Sterreland | Kontak

Winkels by Die Ou Karooplaas

Ou Karooplaas Sentrum bestaan uit sewe sakepersele, twee badkamers, 'n ruim kombuis, drie store, tradisionele Karoo-tuine, kuier areas met pragtige hout tafels en 'n groot parkeerterrein. Kontak ons vir meer inligting oor ons huurders en beskikbare winkelspasie.

'n Wye verskeidenheid produkte en dienste is nou beskikbaar by Ou Karooplaas. De Plaaswerf Bakkery is vroeg soggens aan die bak en bied heerlike etes deur die dag. Grootrivier Ontwerpstudio spesialiseer in drukwerk van enige aard. Hul bure is die Harlandstigting, waar die uitbreiding van die volkstaat behartig word. Drommedaris Toeroperateurs reel vakansies regoor die węreld en Gariep Handel se rakke is vol speserye, bak benodighede en bevrore produkte. Sterreland Filmteater en DVD sorg vir die vermaak terwyl Prima Pizza smulleker wegneemetes opdis.

Orania


© Die ou Karooplaas (Edms.) Bpk. E-pos: kontak@oraniaokp.co.za. Webwerf ontwerp deur QD. Besoek gerus lief-orania.co.za en oraniatoere.co.za
Tuis | Winkels | Sterreland | Kontak